
=====================================================================
Hou op kla en doen iets positiefs! (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hou op kla en doen iets positiefs!

Herman Binge   lewer 'n pleidooi vir proaktiewe, nugter optrede ten opsigte van Afrikaans in die televisiebedryf.

Die grootste bedreiging vir die voortbestaan van Afrikaans is ons mense wat die taal praat. 'n Negatiewe klomp. Agressief ook. En suinig. 
Selfsugtig. Ons doen ons taal skade aan. Afrikaanssprekendes woon nie Afrikaanse toneelstukke by nie; hulle is nie geesdriftige lesers nie; 
hulle is neerhalend oor Afrikaanse rolprente; Afrikaanse radio is nie goed genoeg nie. Terselfdertyd is hulle "kwaad" omdat uitgewers 
manuskripte afwys wat nie sal verkoop nie, die Afrikaanse toneel doodgaan, daar byna geen Afrikaanse rolprente is nie en 
kultuurorganisasies nie die ondersteuning kry wat hulle verlang nie.

En televisie? Ons kyk. Ons betaal nie. "Te min Afrikaans", maar ons kyk steeds. Ons verwag wel "positiewe reaksie" op ons klagtes. Die 
openbare uitsaaier moet ons taal sy bevoorregte status teruggee. Anders betaal ons nie. Maar ons kyk voort.

Daar is altyd uitsonderings. Maar dit is veilig om te s dat die styl van die kollektiewe beweging om Afrikaans te "red" en die taal se 
voortbestaan op televisie te verseker heeltemal te negatief en destruktief is. Ons sal veel meer kreatief, opbouend en realisties te werk 
moet gaan.

'n Regverdige plek vir Afrikaans op televisie tussen ander landstale moet op 'n positiewe manier onderhandel word deur kreatiewe 
alternatiewe voor te stel. Ons het geen status as verontregte televisiekykers as ons nie lisensiegeld betaal nie. Lisensiehouers daarenteen 
het grond onder hul voete. Met ingeligte opinies en realistiese voorstelle het hulle 'n goeie kans op sukses.

Ongelukkig is die Afrikaanse televisiebedryf reeds heelwat skade berokken. Die veldtog om lisensies te boikot het 'n negatiewe invloed 
gehad op die bekostigbaarheid van plaaslike programme. Die afskaling van Afrikaans het veral kreatiewe mense soos akteurs, skrywers en 
vervaardigers laat swaar kry. Baie moes 'n ander heenkome vind en die gebrek aan beskikbare talent kan op sigself 'n probleem word. Hierdie 
kosbare skeppendes moet teruggewen word.

Die Afrikaanse televisiegehoor is kleiner as wat dit behoort te wees. 'n Belangrike deel van die gehoor is vroer vervreem omdat die 
Afrikaanse programme net die wit gemeenskap weerspiel het. Met inklusiewe programme wat die volle spektrum van Afrikaanssprekendes 
weerspiel, kan hierdie kykers teruggewen en selfs vermeerder word.

Die regstelling of dan afskaling van Afrikaans dra die goedkeuring van die meerderheid van televisiekykers weg, wat dit as regverdig 
aanvaar. Die taal is in die verlede bevoordeel ten koste van ander inheemse tale en aan daardie kykers opgedwing. Di negatiwiteit hou 'n 
verdere bedreiging vir meer Afrikaanse programme in.

Goeie, inklusiewe, kommersile Afrikaanse programme waarmee die grootste moontlike gehoor hulle kan vereenselwig en wat ook vermaak, kan 
baie doen om die saak van Afrikaans te bevorder. Lisensiehouers moet aandring op hierdie soort program en dit ondersteun wanneer dit 
uitgesaai word. Die adverteerders, wat almal gevoelig is vir veranderinge in kykpatrone, sal die boodskap kry en hul advertensies in 
daardie programme plaas. Om Afrikaanse programme uit te saai, sal dan winsgewender word.

Die SABC het as nasionale uitsaaier 'n belangrike opdrag om veral agtergeblewe gemeenskappe in te lig, op te voed en te vermaak op 'n 
manier wat 'n algemene waardestelsel, wat uniek Suid-Afrikaans is, by sy gehoor bevorder. In watter taal hy dit ook al doen, dit is tot 
voordeel van die hele land -- ook die Afrikaanses. Ons kan probeer om opbouende kommentaar te lewer en selfs 'n kompliment te waag wanneer 
die uitsaaier in hierdie lewensbelangrike taak slaag -- al is dit nie altyd in Afrikaans nie. 'n Bietjie erkenning en vriendelikheid kan 
baie doen om die lug te suiwer en ons saak te versterk.

Die SABC sien kennelik kans om 'n "beleid" teenoor Afrikaans deur te voer wat hy heeltemal tereg as politiek korrek aanvaar. Al is dit nie 
finansieel lonend nie. Ons moet voortdurend kalm en beskaafd daarop wys dat Afrikaanse televisie 'n lewensvatbare bedryf was en steeds is, 
omdat dit 'n groot aantal kykers het wat demografies die sterkste groep verbruikers verteenwoordig. Geld praat in di geval Afrikaans.

Ons moet ook nederig daarop wys dat die plaaslike televisie artistiek "armer" is sonder Afrikaanse programme. Sedert die begin van 
televisie hier het veral Afrikaanse dramas en dokumentre programme grootliks tot 'n eiesoortige Suid-Afrikaanse karakter bygedra, waarvan 
die styl en atmosfeer in plaaslike produksies herkenbaar is. Hierdie produksies het voldoen aan internasionale standaarde wat tegniese 
versorging en artistieke integriteit betref. Dit is boonop met baie klein begrotings vermag. Ons kan dit weer doen.

Die afskaling van Afrikaans op televisie het gepaard gegaan met 'n verlies aan inkomste vir die SABC. Sommige adverteerders het hul geld 
elders gaan bestee. Hierdie adverteerders moet aangemoedig word om hul geld terug te plaas. 'n Bankrot nasionale uitsaaier is nie in die 
belang van Suid-Afrika nie.

'n Geruime tyd reeds, voor die afskaling van Afrikaans, is adverteerders toegelaat om Engelse advertensies in Afrikaanse programme te 
plaas. Party kykers het gekla. Soos altyd. Ons moet die ondersteuning van Afrikaanse programme verwelkom. Die "Engelse" geld kan meer 
Afrikaanse programme moontlik maak. Ons kan wel, weer eens in 'n positiewe trant, adverteerders probeer oortuig van die meriete van 
Afrikaans as 'n kommersile gebruikstaal en 'n skakel met 'n belangrike groep verbruikers. Hou egter in gedagte dat duplisering van 
advertensieflitse in verskillende tale duur en gekompliseerd is. Dit kan lonender wees om die bykomende koste wat dit meebring, aan 
kommersile lugtyd te bestee sodat meer plaaslike programme vervaardig kan word. Dan het Afrikaans selfs 'n beter kans.

Engels was nog altyd die televisietaal van die wreld en word dit al hoe meer. Engels bemagtig Suid-Afrikaanse vervaardigers -- Afrikaanses 
ook -- om internasionaal te kan meeding. Eerder as om kleinsielig oor die posisie van Engels te wees, moet ons die goeie ingevoerde 
programme kyk en waardeer -- dis goeie televisie. Ons moet selfs die SABC aanmoedig om nog meer gehalteproduksies van oral in die wreld 
vir ons aan te koop. Dit beteken nie dat ons nie moet probeer om die res van die wreld in Afrikaans na te doen nie. Ons moet dit selfs 
beter doen met 'n unieke Afrikaanse stelling wat net ons kan maak. Maar ons kan nie meer verwag dat Afrikaans in alle opsigte gelykgestel 
moet word met Engels nie. Dis onrealisties. En onbekostigbaar. Veral as ons roofkykers is!

Betaaltelevisiekanale wreldwyd is nie uitsaaiers in dieselfde sin as die SABC nie. Hulle is tradisioneel 'n "tweede venster" vir programme 
wat reeds vertoon is. Hulle kwalifiseer nie vir lisensiegeld nie en kry nie toegang tot die volle televisiegehoor nie. Hulle word dus 
volkome kommersieel bedryf en moet soveel moontlik intekenare lok deur algemeen gewilde rolprente of sport.

Dit is dus onrealisties om van M-Net te verwag om 'n groot aantal Afrikaanse programme te vervaardig. Ons moet liewer vir M-Net krediet gee 
vir die talle Afrikaanse rolprente en programme waarin hulle bel het, en vir die feit dat hulle wel in Afrikaans uitsaai. Ons sou kon 
redeneer dat daar ruimte is vir 'n Afrikaanse program in "oop tyd" wanneer M-Net wel toegang het tot 'n groter gehoor. Weer eens moet dit 
'n skeppende en opwindende konsep wees wat geld kan genereer. Anders hoort dit nie op kommersile televisie nie.

'n Laaste -- en dalk die beste -- uitweg vir Afrikaanse televisie kan 'n satellietdiens wees. Die SABC het 'n Afrikaanse kanaal in die 
vooruitsig gestel as deel van sy satellietpakket. PrimaSat het aangekondig dat dit 'n lewensvatbare diens kan lewer en dat die nodige 
beleggers gewerf is. Ons kan hierdie ondernemings ondersteun. Betaal daarvoor. Kyk daarna. Slaag dit, het ons iets bereik en bewys. En 
Afrikaans op televisie het nog 'n lewe bygekry. Dit is wenslik om aan nuwe televisiekanale voorleggings te doen oor Afrikaanse 
kykerbehoeftes. Die lisensie sal aan 'n kommersile stasie toegeken word. As voorstelle meer geld beteken, sal geluister word.

Wees positief. Doen iets vir Afrikaans deur die taal op verskeie gebiede te ondersteun. Moenie net boos en daadloos bly sit nie. Herman 
Binge   is 'n onafhanklike vervaardiger in die televisiebedryf.

Terug na bo

Televisie

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av517.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

